Om watter rede sou ‘n mens Italiaans wou bestudeer?

Alhoewel ander tale van groot politieke en ekonomiese belang is, groei die aantal mense wat Italiaans bestudeer voordurend, selfs in daardie lande waar daar nog nie wesenlike Italiaanse immigrasie ondervind word nie. Die belangrikste rede is kulturele verryking, gevolg deur die behoefte wat mense ondervind om te studeer, met die oog op werk-moontlikhede, of andersins vir ontspanning of om sentimentele redes. Italiaans is ‘n kultuurtaal, die taal van Dante, bel canto en opera. Dit is die taal van groot kunstenaars, skilders, digters, skrywers en filosowe. Dit is ook die taal van die pous, gesien dat Italiaans en Latyn die amptelike tale van die Vatikaan is. Italiaans is ‘n musikale, oop en diverse taal wat gevolglik dit maklik en aangenaam maak om dit te bestudeer. Terselfdertyd is Italiaans ‘n belangrike bedryfstaal, veral wat betref plaaslike vervaardigde modes, voedsel en motors. Al daardie artikels is sinoniem met gehalte, styl en “ joie de vivre”. Italiaans is ook die medium van “La Dolce Vita”. Die Italiaanse taal is die vernaamste kenmerk van Italie, ‘n land met ‘n rykdom van kunsskatte, treffende landskappe en bekoring. En die Italianers is vindingryke, vriendelike en hartlike mense. Om Italiaans te kan praat is ‘n groot hulpbron vir bevordering van kontak met andere op sosiale, kulturele en professionele gebied. Daarby bly die Italiaanse handelsbedryf steeds een van die grootste in die wereld.





Precedente Info - Cinese Successivo Info - Afrikaans